(014) 777 1584/5
Tambotiestraat 1, Thabazimbi
info@hfm.co.za
Frikkie Meyer se motto vir 2025 is Voluit Vorentoe! Dit is 'n jaar van groot opwinding en harde werk met die Interhoër wat deur HFM aangebied word. Die besluit om "Voluit Vorentoe" as ons oorhoofse tema vir die jaar te kies, is 'n bewuste poging om 'n kultuur van groei, vooruitgang en vasberadenheid in Hoërskool Frikkie Meyer te bevorder. Hierdie tema weerspieël nie net ons ambisie om uit te blink nie, maar ook ons toewyding aan die ontwikkeling van elke leerder op akademiese, sosiale en persoonlike vlak.
HFM het 6 Waardes wat belangrik geag word. Personeel doen moeite met die implementering van die waardes om seker te maak dat elke Frikkie dit deel maak van hul lewe. Elke graad het 'n waarde week waar hulle die geleentheid kry om hierdie waardes op kreatiewe maniere uit te beeld. Die waardes waarop gefokus word is:
Omgee
Verantwoordelikheid
Respek
Betroubaarheid
Regverdigheid
Burgerskap
Frikkie Meyer se akademiese-, kulturele- en sport prestasies is te danke aan toegewyde onderwysers en 'n geÏmplimenteerde gedragskode wat riglyne gee aan leerders. Dit verseker orde en dissipline wat nodig is vir optimale onderrig en opleiding. U is welkom om uself te vergewis van die gedragskode op die skakel hier onder.
HFM Gedragskode
Meer inligting oor HFM Alumni
Die inklusiewe program by die Hoërskool Frikkie Meyer is ontwerp om leerders met leer uitdagings te ondersteun. Afhangend van die leerder se vermoëns word hulle geakkommodeer om op ‘n ondersteunende wyse toetse en eksamens te skryf. Dié leerders neem ten volle deel aan die onderrig wat die Hoërskool Frikkie Meyer bied en word bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Die aansoekproses vir die inklusiewe program behels ‘n opvoedkundige sielkundige verslag en u kan Mev. Nelie Booyens kontak.
Die skoolmaatskaplike werker en -berader speel 'n belangrike rol in die ondersteuning van kinders se emosionele en sosiale welstand. Deur individuele- en groepsbenadering help Mev. Talita Beyers leerders om met uitdagings soos angs en trauma, en enige ander interpersoonlike kwessies, te hanteer. Ondersteuning word ook aan leerders gebied wat sukkel met gedrag en leerprobleme. Daar word saam met onderwysers en ouers gewerk om oplossings te vind. Die skoolmaatskaplike werker skep 'n veilige ruimte waar kinders hulle gevoelens kan deel en hulle help om strategieë te ontwikkel om daardeur te kan werk.
Die skool is vernoem na Dr Frikkie Meyer, voorsitter van die destydse Yster- en Staalkorporasie (Yskor). Die owerhede en Yskor het die belangrikheid van 'n hoërskool vir die groeiende Thabazimbi plaas- en myngemeenskap besef en het onder leiding van die Mnr. Piet Botha die skool uitgebrei.
Die Hoërskool Frikkie Meyer se geskiedenis dateer terug na die vyftigerjare toe die hoër- en laerskool nog 'n gekombineerde skool was en bekend gestaan het as Thabazimbi Skool. Die hoërskool het geleidelik vergroot totdat die eerste groep wat in 19?? gematrikuleer het.
Die nuwe hoërskoolgebou en koshuis is onderskeidelik in 19?? en 1958 in gebruik geneem. Die nuwe koshuis en was tjok-en-blok vol met baie kinders wat eers op Rustenburg of elders op skool was. Die skoolgebou was steeds in aanbou en sou nie voor 1961 voltooi gewees het nie. Tog het die bosveldkinders 'n skool gehad waarop hulle trots kon wees.
Aan die begin van 1961 word dr Klasie Botes as hoof van die hoërskoolafdeling aangestel. Hy sou die ingebruikneming van die nuwe, moderne skoolgebou bewerkstellig. Teen die einde van 1961 vind die verskuiwing plaas net voor die eksamen. Soos talle ander gebeure, 'n hele nuwigheid vir die leerders. Maar oo weë, daar waai die dak van die splinternuwe saal en kantoorkompleks af!
1962 Breek aan. Dis die jaar waartydens die nuwe gebou sy naam sou kry. Die hele jaar is daar geoefen en almal neem deel aan die feesvieringe - kadette, koor, volskele, en natuurlik, die sportspanne. Dit is 'n geleentheid wat deur die hele Bosveld bygewoon word.
Mnr van Zyl word op 1 Januarie 1962 hoof van die nuwe hoërskool: Die Hoërskool Frikkie Meyer. Die skool is vernoem na Dr. Frikkie Meyer, voorsitter van die destydse Yster- en Staalkorporasie (Yskor).
Die nuweling is egter nie meer in sy kinderskoene nie. Daarvan getuig goeie matriekuitslae en onoorwonne sportspanne in die verskillende ligas.
Sportfasiliteite word gebou en die sportgronde word gevestig met toegewyde onderwysers, betrokke ouers en kinders wat in die middae gras plant. Yskor en almal het hulle deel gedoen. Ons eer personeellede wat ver meer as hulle plig gedoen het om die huidige uitmuntende geriewe daar te stel.
Mnr Flip Steyn het mnr van Zyl opgevolg en sy goeie werk voortgesit. Op hierdie stadium (sewentiger jare) was Frikkie Meyer 'n gerekende naam in die versameling hoërskole in Suid-Afrika. Uitstekende sport- en akademiese prestasies getuig hiervan.
Mnr Dirk Hanekom het in 19--- hoof geword en in daardie tyd het die skool nuwe labratorium gebou bygekry.
Na mnr Hanekom word die bekende mnr Ben van der Linde hoof, wat die skool verder uitgebou het met sy entosiasme.
Mnr Deon Azar word hoof in 19--
Hoërskool bekend was as Thabazimbi skool
begin op 16 Januarie met ‘n Standerd 7 klas wat skool gegaan het in die huidige Laerskool Thabazimbi. Mnr NS Botes word aangestel as waarnemende hoof in Januarie 1961 met die opening van die nuwe skool. Die skool is vernoem na Dr Frikkie Meyer voormalige voorsitter van Yskor, sy borsbeeld het ‘n ereplek in die ingangsportaal van die saal. Die eerste atletiek byeenkoms word aangebied op 7 Maart 1972 en HFM wen die byeenkoms. In 1973 skryf 59 leerlinge matriek met ‘n slaagsyfer van 98%.
In 1992 funksioneer HFM as ‘n model-C skool en op 3 Augustus word daar ‘n busdiens vanaf Swartklip ingestel en 60 leerlinge skryf in met ‘n matriek slaagsyfer van 100%. 1 Oktober word Mnr Azar aangestel as hoof. Die graad 12 uitslae is die beste sedert 1985 en die slaagsyfer is 99.6% van die 114 kandidate was daar ‘n 107 wat A simbole verower het.
Mnr CA Campbell word as hoof van HFM aangestel op 1 Augustus 2009 en Me M Boshoff as Adjunkhoof vanaf 1 Junie 2010.
Die skool wapen is amptelik op 29 Maart 1963 geregistreer. Die berg op die wapen kan gesien word as die berg van Yster, asook die geografies aanduiding van die skool, die oop boek simboliseer die Woord van God as riglyn vir ons lewens en die sirkel met die pyl in die eenuur-posisie is waarskynlik ontleen van die ou chemiese simbole vir yster.
Bron: Kwevoël, 29 Mei 2011
Baie geluk met die volgende toekennings
tydens ons jaarlikse prysuitdeling:
Lourierleerling
Dimion Visser
Dux-leerling
Christelle van Dyk
Kultuurleerling, toneelspeler en redenaar van die jaar
Luiperdtoekenning
Nickie Lintvelt
Sportdogters van die jaar
Micka Röhrs en Leyandè Koekemoer
Sportseun en atleet van die jaar
Lourens Pieterse